SA atlete ewenaar 2003-prestasie

2011-09-05 09:33
Tweets Share Share line Print

Daegu, Suid-Korea –Caster Semenya se verowering van die silwermedalje in die 800m-eindronde (in 1:56.35 s) Sondag hier op die Wêreld-atletiekbyeenkoms, het een van Suid-Afrika se beste vertonings tot nog toe op die wêreldverhoog afgesluit.

Die Suid-Afrikaanse atlete het weliswaar geen goue medaljes gewen nie, maar dit is net die tweede keer dat Suid-Afrika vier medaljes op dié byeenkoms wen.

Die vorige keer was in 2003 in Parys.

LJ van Zyl (brons in die 400-hekkies), Sunette Viljoen (brons in die spiesgooi) en die SA 4x400-aflosspan, bestaande uit Oscar Pistorius, Shane Victor, Ofentse Mogawane, Willie de Beer en Van Zyl (silwer), is die ander helde.

Ruben Ramolefi (3000-hindernis), Viljoen (spiesgooi) en die 4x400-aflosspan het Suid-Afrikaanse rekords verbeter.

Pistorius, Paralimpiese kampioen wat tot die halfeindronde van die 400m deurgedring het, het die naasvinnigste tyd van sy loopbaan opgestel en die aflosspan gehelp om die nasionale rekord te verbeter.

Die 21-jarige Cornel Fredericks het vyfde in die eindronde van die 400-hekkies geëindig en die 20-jarige Luvo Manyonga was vyfde in die verspring-eindronde. Albei het die eerste keer aan ’n Wêreldbyeenkoms deelgeneem.

Suid-Afrika het die 17de beste van die 202 lande gevaar wat medaljes betref.

Die VSA was eerste met 25 medaljes, Rusland tweede met 19 en Kenia derde met 17.

Usain Bolt en sy Jamaika-spanmaats het Sondagaand die beste vir laaste gebêre toe hulle die wêreldrekord in die 4x100-aflos na 37.04 sekondes verbeter het.

Bolt-hulle het meer as 20 m voor die ander spanne geëindig. Dit was die enigste wêreldrekord wat op die byeenkoms opgestel is.

Bolt se spanmaats was Nesta Carter, Michael Frater en Yohan Blake (100-wêreldkampioen)

Frankryk was tweede in 38.20 en St. Kitts & Nevis derde in 38.49.

Die Suid-Afrikaanse 4x100-aflosspan (Hannes Dreyer, Ofentse Mogawane, Roscoe Engel en Thuso Mpuang) kon ondanks ’n moedige vertoning nie tot die eindronde deurdring nie.

Ná die tweede oorgee was Suid-Afrika in die tweede plek, maar ongelukkig het dinge effens met die derde oorgee gelol.

Dit het daartoe gelei dat die span sesde in sy uitdun in 38.72 geëindig het. Dit is die beste tyd die afgelope 10 jaar deur ’n Suid-Afrikaanse span.

Die vertoning van die Suid-Afrikaanse marathon-atlete hier, Coolboy Ngamole, Lucky Mohale en David Ngokane, was pateties.

Ngamole was 46ste in ’n tyd van 2:30:01 en Lucky Mohale 50ste in 2:38:22. David Ngakane het nie klaargemaak nie.

René Kalmer (2:38:16) het in die vroue-marathon ’n vinniger tyd as Mohale opgestel.

Abel Kirui van Kenia het in 2:07:38 gewen.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: daegu  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

henry.steenkamp.7 sê... dit het ek verwag,sorry rocky Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.