SA atlete blom

2010-04-20 06:55
Tweets Share Share line Print

Wilhelm de Swardt

Pretoria - Suid-Afrika se atlete kan dalk in Oktober in Indië hul rekord van 11 medaljes op ’n Statebondspele verbeter.

Hul beste vertonings tot dusver was in 1998 in Maleisië (4 goud, 2 silwer en 5 brons) en in 2006 in Melbourne (5 goud, 4 silwer en 2 brons).

Dit is gevaarlik om suiwer volgens statistieke voorspellings te waag, maar ná die plaaslike atletiekseisoen wat Saterdag in Potchefstroom met die Suid-Afrikaanse Studentebyeenkoms tot ’n einde gekom het, lyk ­dinge belowend.

Die name van 17 atlete (14 mans en 3 vroue) verskyn op die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se ranglyste van die 10 beste vertonings vanjaar.

Simon Magakwe is ná Saterdag se wentyd van 20.23 s die vinnigste atleet oor 200 m, terwyl Ruben Ramolefi met die vinnigste tyd (8:25.50) in die 3 000-hindernis spog.

Mbulaeni Mulaudzi, die wêreldkampioen in die 800 m, se 1:45.51 en Tumelo Thagane se 17.09m in die driesprong is albei die tweede beste.

Die 20-jarige Cornel Fredericks se 49.12 in die 400-hekkies word net deur twee atlete oortref, terwyl LJ van Zyl se 49.45 die vierde vinnigste is.

Die 18-jarige Luvo Manyonya, wat verras het deur op die SA Junior en Jeugbyeenkoms in Germiston die verspring met ’n sprong van 8.05 m te wen, beklee die vyfde plek.

Khotso Mokoena, ’n silwermedalje-wenner op die Olimpiese Spele en die Wêreldbyeenkoms, se beste sprong van 8.01 m besorg aan hom die sewende plek.

Windy Jonas (1:46.77 in die 800 m) en Tshamano Setone (13:25.51 in die 5 000 m) is ook in die sewende plek.

Elroy Gelant (13:25.88 in die 5 000 m) en Robert Oosthuizen (82.96m in die spiesgooi) is agtste, terwyl Cheyne Rahme die negende plek (5.50 m) in die paalspring beklee.

Ofentse Mogawane spog met die negende vinnigste tyd (45.51s) in die 400 m.

Oosthuizen sal waarskynlik weens sy liesbesering nie betyds herstel om aan die Statebondspele deel te neem nie.

Lehann Fourie, wat in die VSA studeer, is skitterend op dreef. Hy het die afgelope twee naweke 110-hekkieswedlope in die VSA gewen.

Sy wentyd die naweek in Kansas was 13.68s en die vorige naweek 13.67. Hy beklee die 16de plek.

Daarbenewens het Juan van Deventer en Johan Cronjé, Suid-Afrika se twee voorste atlete in die 1 500 m, nog nie regtig vanjaar begin deelneem nie.

Wat die vroue betref, is die twee Statebondspele-kampioene van 2006, Elizna Naudé (diskus) en Sunette Viljoen (spiesgooi), skitterend op dreef.

Albei beklee die vyfde plek. Naudé se beste afstand vanjaar is 64.49m en Viljoen s’n 63.45 m.

Justine Robbeson se 61.23 m op die Studentebyeenkoms is die 9de beste in internasionale spiesgooi vanjaar.

Lees meer oor: atletiek  |  sport

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

henry.steenkamp.7 sê... dit het ek verwag,sorry rocky Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.