Roger Federer skrik groot op Wimbledon

2010-06-22 08:27
Tweets Share Share line Print

Londen. – ’n Ongekeurde Colombiaan het Maandag amper vir die grootste opskudding ooit op Wimbledon gesorg toe hy die sesmalige kampioen, Roger Federer, so byna uitgeboender het in die eerste ronde.

Die eerste gekeurde Federer het vyf stelle en meer as drie uur nodig gehad om Alejandro Falla met 5-7, 4-6, 6-4, 7-6, 6-0 in die eerste ronde van dié tennistoernooi te klop.

Federer was glad nie op peil nie en hy het so byna sy rakette vir die eerste keer sedert 2002 voor die eindstryd gepak.

Die 28-jarige Switser se landgenote het hom ook nie juis veel vreugde verskaf nie toe hulle met 0-1 teen Chili in die Wêreldbeker-sokkertoernooi verloor het.

Federer moes uithaal en wys om te verhoed dat hy net die derde Wimbledon-kampioen word wat in die eerste ronde verloor. Falla is 60ste op die wêreldranglys.
Federer mik na ’n sewende Wimbledon-titel om Pete Sampras se rekord te ewenaar.

“Ek was beslis gelukkig vandag,” het Federer gesê.

“Ek het vanjaar al baie wedstryde verloor wat ek eintlik moes gewen het en dié een moes ek seker verloor het, maar ek het deurgeskraap.

“Dit is egter hoe grasbaan-tennis werk.”

Dit het Kim Clijisters ’n paar minute geneem om weer haar weg na die bane van die All Engeland Club te vind, maar sy het nie ’n sekonde verspeel om haar voete óp die baan te vind nie.

Dié Belg het in 2006 laas hier gespeel, maar sy het steeds daarin geslaag om Maria Elena Camerin van Italië met 6-0, 6-3 af te ransel.

“Ek was nogal op my senuwees én opgewonde. “Ek het so ’n bietjie gesukkel om Baan Twee te kry; gelukkig was daar ’n sekerheidswag wat geweet het waarheen ek moes gaan, want ek het geen idee gehad nie!” het die 27-jarige speler gesê.

Suid-Afrika se Kevin Anderson het gesorg vir ’n taai stryd deur die sewende gekeurde Nikolay Davydenko tot vyf stelle te dwing. Die Rus het met 3-6, 6-7, 7-6, 7-5, 9-7 gewen. Die Franse Ope-vrouekampioen, Francesca Schiavone, is uitgeskakel deur Rusland se Vera Dushevina.

Dié ongekeurde speler het met 6-7, 7-5, 6-1 geseëvier. 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.


- Reuters

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: roger federer  |  wimbledon  |  tennis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Hendrik sê... Arme bulletjies.Shame. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.