Roddick laat Federer tasse pak
2012-03-27 12:08
Miami – Andy Roddick het 'n skok-oorwinning oor die derde gekeurde Roger Federer behaal toe hy die Switser in die derde ronde van die Miami-meesterstoernooi uitgeskakel het.
Roddick het Federer Maandag met 7-6 (7/4), 1-6, 6-4 geklop.
Die Amerikaner, wat 31ste gekeur is, sal in die vierde ronde teen die wenner van die kragmeting tussen Argentinië se Juan Monaco en Gael Monfils van Frankryk te staan kom.
In die vroue-afdeling het die promoterskeuse Venus Williams die voormalige nr. 1-speler, Ana Ivanovic, met 6-7 (4/7), 6-2, 6-2 geklop.
Williams sal in die kwarteindronde teen die vyfde gekeurde Agnieszka Radwanska van Pole te staan kom.
Venus se suster, Serena, is ook deur na die kwarteindronde nadat sy die Australiër Samantha Stosur met 7-5, 6-3 geklop het.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24