Roddick én Rafa sien rooi

2011-09-09 09:05
Tweets Share Share line Print

New York. – Die Amerikaanse tennisspeler Andy Roddick het Donderdag van die baan af gestorm in sy kragmeting met David Ferrer nadat spel ná twee dae se deurdringende reën in die Amerikaanse Ope oplaas hervat is.

Dit het gevolg nadat dié wedstryd in die vierde ronde van die mansenkelspel na baan 13 geskuif is, omdat die ander bane te nat wees.

Hoewel die son geskyn het, is die wedstryd weer onderbreek om die water wat deur krake op die baan deurgesyfer het, op te droog. Nadat die spelers teruggekeer het, het Roddick gekla dat die baan steeds te nat was om voort te gaan.

“Hoekom is ons hier as daar water op die baan is? Dit maak my dood ... ek is verbysterd,” het Roddick briesend aan die toernooiskeidsregter, Brian Earley, gesê. Hy het sy sak opgetel en van die baan af gestorm.

Hy het later teruggekeer en die eerste twee stelle teen Ferrer, wat vyfde gekeur is, gewen. Die wedstryd was met druktyd nog aan die gang.

Rafael Nadal van Spanje, tweede gekeur, het sy kragmeting met Gilles Muller van Luxemburg met 7-6 (7/1), 6-1, 6-2 gewen. Nadal se eerste afslane was 73% in die kol, hy het 5 kishoue geslaan en net 11 ongedwonge foute begaan.

Andy Murray van Skotland (vierde gekeur) het die Amerikaner Donald Young met 6-2, 6-3, 6-3 van die baan af gevee.

In die kwarteindronde vir vroue het Samantha Stosur van Australië (negende gekeur) verras toe sy die tweede gekeurde Vera Zvonareva van Rusland met 6-3, 6-3 uitgeskakel het.

– Vroeër het Nadal en Roddick gesê die spelers se veiligheid word deur geldgierige beamptes op die spel geplaas nadat bitter min spel moontlik was.

Nadal was woedend nadat sy wedstryd teen Muller Dinsdag in ’n nat Arthur Ashe-stadion moes begin. Hy het saam met Roddick en Murray by Earley gekla.

“Ons wil nie op die baan gaan as dit reën nie. Ek dink nie dit is regverdig nie,” het Nadal gesê.

“Dit is dieselfde ou storie. Al waaroor julle bekommerd is, is die geld.”

Nadal het in ’n onderhoud met ESPN gesê: “Ons word nie beskerm nie. Daar is baie geld by die Grand Slams betrokke en ons is deel van die vermaak.

“Ek weet die toeskouers wil spel sien, maar die veiligheid van die spelers moet ook aandag kry,” het Nadal gesê. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: amerikaanse ope  |  tennis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Hendrik sê... Arme bulletjies.Shame. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.