Rock hou kop; troef Woods

2012-01-30 08:39
Tweets Share Share line Print

Johannesburg. – Die Engelsman Robert Rock het Sondag die breedste glimlag in Aboe Dhabi gehad nadat hy iets vermag het wat hy nooit gedink het hy sou nie: klaarspeel met Tiger Woods.

Rock het die Aboe Dhabi-gholftoernooi met ’n enkele hou gewen ondanks die brouhou waarmee hy sy laaste rondte (70) vir ’n toernooitelling van 275 afgesluit het.

Die Noord-Ier Rory McIlroy was tweede ná ’n 69, terwyl Woods (72) die derde plek met Graeme McDowell (68) en die Deen Thomas Björn (68) gedeel het. Hulle het met 277 geëindig.

Rock het in die laaste ronde saam met Woods gespeel nadat hulle saam voor was ná 54 putjies, maar het nooit voor die Amerikaanse legende se teenwoordigheid geswig nie.

Inteendeel, dit was Woods wat die grootste foute begaan het. Ná ’n sethou van 15 meter vir voëltjie op die tweede putjie en ’n kaphou vir ’n arend wat enkele sentimeters van die derde blikkie geval het, het hy op die vierde bof skielik sy akkuraatheid verloor.

Dit het gelei tot twee agtereenvolgende brouhoue, en ’n geïrriteerdheid wat alles wat hy daarna gedoen het, versuur het.

Die voormalige topspeler in die wêreld het die hele dag net ses setperke in regulasie-houe bereik.

McIlroy het die klubgebou-telling van -12 met ’n voëltjie op die agttiende putjie gestel, en dit wou lyk of dit goed genoeg vir ’n uitspeelstryd sou wees toe Rock se laaste bofhou reguit na die meer getrek het.

Dit het gelukkig vir hom kort van die water geval, maar tussen rotse en lang gras het hy geen ander keuse gehad as om ’n strafhou te neem nie.

Ondanks ’n kort naderhou het hy steeds die gerief van twee sethoue gehad en geen fout begaan nie.

“Ek kan nie glo ek het dit gedoen nie,” het Rock volgens die BBC erken.

“Om saam met Tiger te speel was ’n groot eer. Aanvanklik was ek baie senuweeagtig daaroor, maar ek het ’n paar goeie houe geslaan en toe vir myself gesê: ‘Hoekom wen jy nie die ding nie’?”

Die oorwinning is Rock se tweede in Europa, en sal hom van nommer 117 op die wêreldranglys tot in die top-60 neem.

*Die Pretorianer George Coetzee (70) het in die sesde plek geëindig, drie houe agter Rock.

Dis sy sewende top-10-uitslag in Europa in die laaste sewe maande. Keith Horne was ’n verdere hou terug ná ’n 69.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: tiger woods  |  gholf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Hendrik sê... Arme bulletjies.Shame. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.