René mik na Olimpiese marathon

2011-05-04 09:12
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ’n Nuwe hoofstuk in René Kalmer se atletiekloopbaan begin Sondag wanneer sy aan Praag se marathon deelneem.

Dit is die eerste keer dat Kalmer oor 42 km in ’n internasionale wedloop in aksie sal wees.

Sy wil Suid-Afrika aanstaande jaar in Londen op die Olimpiese Spele in die marathon verteenwoordig.

Baie kenners meen Kalmer kan die tweede Suid-Afrikaanse vrou in byna 10 jaar word wat die marathon vinniger as 2 uur en 35 minute voltooi.

Tanith Maxwell het verlede jaar die Berlynse marathon in 2:32:33 kafgedraf.

Elana Meyer (9 keer), Colleen de Reuck (9 keer) en Frith van der Merwe (2 keer) is die enigste ander plaaslike atlete wat al vinniger as 2:33 gehardloop het.

Kalmer het in 2009 die Soweto-marathon in 2:43:54 gewen. Dit was die eerste keer dat sy só ver gehardloop het.

Volgens die Suid-Afrikaanse kampioen in die 5 000 m het sy nie regtig ’n idee wat om te verwag nie. “Ek is opgewonde én senuweeagtig. Die marathon is anders. As jy dit nie respekteer nie, gaan jy gou nederig raak.”

Ná die Twee Oseane-halfmarathon was daar kommer of Kalmer wel in Praag sou deelneem, want sy het ná die wedloop van ’n pyn in haar knie gekla.

“Dit was net ’n senuwee wat in my heup vasgeknyp was. Ek is weer piekfyn. In die naweek in Richardsbaai het ek sonder moeite ’n halfmarathon gewen,” sê sy.

Volgens Kalmer gaan die kwik Sondag net tot 15 grade Celsius styg. Dit pla haar nie. “Die laaste paar weke se koue toestande in Johannesburg het my eintlik gehelp. Ek het die meeste van my lang oefensessies soggens gedoen. Ek is dus gewoond daaraan om in koue te hardloop.”

Kalmer hoop sy kan vinniger as 2:35 hardloop. “Dis my doelwit, maar ek wil nie onnodige druk op my plaas deur ’n sekere tyd te voorspel nie.

“Ek het uitgewerk teen watter pas ek wil hardloop. As ek ná die eerste 32 km nog goed voel, sal ek waarskynlik ’n goeie tyd jaag.” 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: rené kalmer  |  marathon  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Hendrik sê... Arme bulletjies.Shame. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.