René maak marathon-debuut

2009-10-30 12:03
Tweets Share Share line Print

Pretoria - René Kalmer se voorbereiding vir die 2012-Olimpiese Spele in Londen begin Sondag amptelik, wanneer sy aan die Soweto-marathon deelneem.

Dit sal die eerste keer wees dat Kalmer – wat Suid-Afrika op verlede jaar se Spele in Beijing in die 1 500 verteenwoordig het – só ver hardloop.

Baie atletiekkenners meen sy kan een van Suid-Afrika se beste vroue-marathon-atlete word. Maar dit gaan nie al Sondag gebeur nie.

Kalmer maak dit duidelik dat sy geen groot planne vir die Soweto-marathon het nie.

“Vir my is dit net ’n begin. Dit is vir my belangrik om uit te vind waaroor die marathon nou eintlik gaan. Die verste wat ek nog gedurende ’n oefensessie gehardloop het, is 36 km. Ek het toe goed gevoel.”

Kalmer het al die Tough One-wedloop oor 32 km gewen.

Volgens Kalmer dink sy baie ernstig daaraan om vir die 2012-Spele in Londen in die marathon te probeer kwalifiseer, maar dit beteken nie dat sy nie meer aan baan-atletiek gaan deelneem nie.

“Die plan is dat ek steeds om in baanatletiek aan die 1 500 en die 5 000 deelneem. Een van my hoofdoelwitte vir aanstaande jaar is om my tyd in die 5?000 na goed onder 15 minute te verbeter.

“Ek sal ook graag aan die 10 000 op die baan wil deelneem, maar nie in Suid-Afrika nie. Ek dink dit moet sieldodend wees om op jou eie vir 25 rondtes om ’n baan te hardloop. Ek sal liewer in Europa aan die 10 000  deelneem waar die mededinging strawwer is en die ander atlete my kan help om my tyd te verbeter.”

Kalmer is die afgelope paar weke skitterend op dreef.

Die afgelope Sondag in Portsmouth, Engeland was sy vierde in ’n 16 km-wedloop.

Sy het haar persoonlike beste tyd na 55 minute en 5 sekondes verbeter. Kalmer was ook 15de op die Wêreld-halfmarathonbyeenkoms in Engeland, waar sy haar persoonlike beste tyd na 70:37 verbeter het.

Gerrie Coetzee, afrigter, meen Kalmer sal eers ná aanstaande jaar se baan-atletiekseisoen weer aan ’n marathon deelneem. Dan sal sy hardloop om ’n goeie tyd op te stel.

Kalmer is nog nie seker of sy al op aanstaande jaar se Statebondspele in Indië aan die marathon wil deelneem nie. Die humiditeit daar bekommer haar.

- Beeld

Lees meer oor: rene kalmer  |  sport

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Hendrik sê... Arme bulletjies.Shame. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.