René draf magiese kerf kaf in Japan

2011-11-21 09:01
Tweets Share Share line Print

PRETORIA. – René Kalmer (Nedbank) het Sondag in Yokohama slegs die vierde Suid-Afrikaanse vroue-atleet geword wat ’n marathon in minder as 2 uur en 30 minute kon afdraf.

Ryoko Kizaki van Japan se wentyd was 2:26:32.

Kalmer was vyfde met haar uitstekende tyd van 2:29:59.

Dit is die eerste keer in 12 jaar dat ’n Suid-Afrikaanse atleet só ’n vinnige tyd hardloop.

“Ek is in die wolke,” het ’n verheugde Kalmer van haar in ’n e-pos laat hoor.

Sy het voorts geskryf: “Ek veronderstel noudat ek in die naweek die 42 km in minder as 2:30 afgedraf het, kan ek daarop aanspraak maak dat ek ’n ware marathon-atleet is.

“Uit die staanspoor het ek goed gevoel,”het sy bygevoeg.

“Ek moes my natuurlik voortdurend dwing om geduldig te wees en teen die pas te hardloop wat ek vooraf uitgewerk het. Die plan was om elke kilometer in sowat 3 minute en 33 sekondes af te lê.

“Dié plan het gewerk, want ek het van die 20ste tot die vyfde plek opgeskuif.”

Volgens Kalmer was toestande nie gunstig nie. “Die humiditeit was hoog. Wat veral gepla het, is die feit dat ons eers ná 12 uur in die middag weggespring het sodat sodat die wedloop regstreeks uitgesaai kon word.

“My deelname vroeër vanjaar in Suid-Korea op die Wêreld-atletiekbyeenkoms het beslis gehelp. Ek het daar geleer om my by moeilike omstandighede aan te pas.”

Kalmer hoop dat sy met dié vertoning haar plek in die Suid-Afrikaanse span, wat aanstaande jaar in Londen aan die Olimpiese Spele gaan deelneem, finaal bespreek het.

Elana Meyer 2:25:15, Colleen de Reuck 2:26:35 en Frith van der Merwe 2:27:36 is die enigste ander SA vroue wat ’n marathon al in ’n vinniger tyd as 2:30:00 afgedraf het.

Ryan Sandes het Sondag die eerste skof van die sesdaagse Planet Nepal-wedloop maklik gewen. Hy het dié skof oor 40 km in 10:08:14 afgelê.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: rené kalmer  |  atletiek  |  marathon

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Hendrik sê... Arme bulletjies.Shame. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.