Regering wil atletiek ‘skoonmaak’
2011-06-14 14:29
Johannesburg – Die regering is vasbeslote om by Atletiek Suid-Afrika huis skoon te maak as voorbereiding vir die 2011 Wêreldkampioenskap.
“Ons gaan atletiek skoonmaak,” het die minister van sport en ontspanning, Fikile Mbalula, gesê. “Dit is lankal nodig.”
Die Wêreldkampioenskappe vind tussen 27 Augustus en 4 September in Suid-Korea plaas en topatlete Khotso Mokoena, Mbulaeni Mulaudzi, Caster Semenya en Louis "LJ" Van Zyl is almal moontlike medaljewenners.
Mbalula het gesê atlete bring altyd ná internasionale kompetisies medaljes terug na die land.
“Ons wil ook ernstig aandag aan ontwikkeling gee, veral op skoolvlak, sodat die jonges die fakkel by Khotso, Mulaudzi en ander kan oorneem,” het hy gesê.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.