Regering steeds stil oor Caster se toekoms

2010-06-11 06:54
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Pretoria. – Daar heers steeds verwarring oor die toekoms van die internasionale atleet Caster Semenya, Suid-Afrika se vroue-wêreldkampioen in die 800 m, nadat ’n mediakonferensie wat deur Makhenkesi Stofile, minister van sport, belê is gister inderhaas afgelas is.

Stofile sou glo aangekondig het dat Semenya toegelaat gaan word om as vrou deel te neem.

Twee uur voor die konferensie is die media skielik ingelig dat dit afgelas is. Van regeringskant is daar geen amptelike verduideliking daarvoor gegee nie.

Greg Nott, Semenya se regsverteenwoordiger, het gister gesê die mediese span wat deur die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) aangestel is om vas te stel of Semenya wel toegelaat mag word om as vrou deel te neem, het reeds sy ondersoek afgehandel.

“Ek dink die probleem is dat die mediese komitee nog nie sy bevindinge aan die uitvoerende bestuur van die IAAF bekend gemaak het nie, wat beteken dat dit nog nie deur die IAAF bespreek is nie.

“Dit is waarskynlik die rede waarom die minister die konferensie moes aflas.”

Stofile het nou reeds twee keer die afgelope drie weke uitlatings gemaak wat daarop neerkom dat Semenya beslis weer aan internasionale atletiek gaan deelneem.

Die vraag wat gister in plaaslike atletiekkringe gevra is, is waarom Stofile so oorgretig was om ’n aankondiging oor Semenya se toekoms te maak sonder dat hy die ­IAAF daarin geken het, en dit nogal ’n dag voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi begin.

Die minister se optrede is as suiwer opportunisme afgemaak.

Nick Davies, woordvoerder van die IAAF, het vir die tweede keer in drie weke benadruk dat die ondersoek na Caster nog nie afgehandel is nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: asa  |  caster semenya  |  iaaf  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Dante sê... Hi Neil, hou jy my dop? Wat is jou storie. Ek praat juis van hulle twee, want hulle twee is die twee swakste spelers in jul agterlyn. Wie wou jy hê moes ek sê? Julle het mos baie diepte daar, sê jy vir my wie jy sou kies! Mag ek nie sê hulle is swak nie omdat hulle nie wit is nie? Ek dink Stegmann is ook swak, is dit ok met jou? Word groot man. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 129,837.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.