RadioShack ontken bewerings teen Armstrong
2010-07-11 01:46
Brussel - Die RadioShack-spanbaas, Johan Bruyneel, het die omstrede fietsryer Floyd Landis se bewerings teen Lance Armstrong formeel ontken.
Landis, wat in 2006 sy Tour de France-titel kwyt is ná hy verbode middels gebruik het, het Armstrong en sy spanmaats daarvan beskuldig dat hulle verbode middels geneem en bloedoortappings tydens die Tour de France in 2004 ondergaan het.
Bruyneel is ondervra deur Belgiese federale staatsaanklaers, het die uitsaaier VRT en die koerant De Morgen berig.
Armstrong het ook die gerugte ontken en Landis uitgekryt as "'n persoon met geen geloofwaardigheid".
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sapa - AP