Queens-eindstryd uitgestel
2011-06-12 22:00
Londen – Andy Murray en Jo-Wilfried Tsonga sal Maandag na die Queens-klub terugkeer ná die reën Sondag verhoed het dat die eindstryd gespeel word.
Organiseerders het die wedstryd weens die gure weer vroeër begin, maar die reën het vir slegs 30 minute weggebly.
Chris Kermode, direkteur van die toernooi, het die besluit geneem om die eindstryd tot Maandag 17:30 uit te stel.
Murray het Andy Roddick in skoon stelle Saterdag geklop om vir die tweede keer in die eindstryd te speel, terwyl Tsonga die Britse James Ward geklop het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- AP