Proteas 'nie bang vir vir Kiwi's'

2011-07-08 07:40
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse netbalspan kom Vrydag in Singapoer in die kwarteindronde van die Wêreldbeker-toernooi te staan teen ’n span wat hom verlede jaar met meer as 40 doele geklop het.

Maar Suid-Afrika se hoofafrigter, Elize Kotzé, het gesê haar spelers benader dié stryd nie met minderwaardigheid nie.

Die Proteas moet Nieu-Seeland, die voorste span in die wêreld, klop om tot die halfeindronde deur te dring en hul droom om tussen die top4-spanne te eindig, te bewaarheid.

Die Silwervarings staan egter breed in hul pad ná die groepfase waarin die Nieu-Seelanders 246 doele aangeteken en net 69 afgestaan het.

Dit is in teenstelling met Suid-Afrika se algehele telling van 172-143.

Boonop het die Kiwi’s Suid-Afrika verlede jaar op die Statebondspele met 70-29 geklop.

“Ons weet dit gaan ’n taai wedstryd wees, maar ons benadering is dieselfde as voor die kragmeting met Jamaika (hul eerste wedstryd in die groepfase),” het Kotzé gesê. Sy was in 1995 deel van die span wat Nieu-Seeland geklop en tweede in die Wêreldbeker-toernooi geëindig het.

“Ons gaan die wedstryd met selfvertroue binne, nie as ’n minderwaardige span nie. Die Proteas het vanjaar van daardie mentaliteit ontslae geraak.”

Die Proteas-onderkaptein, Zanele Mdodana, het gesê haar span is ’n gans ander een as die een wat verlede jaar deur Nieu-Seeland verneder is.

“Ons het sedertdien baie verbeter en is ’n ander span.

“Wat belangrik is, is dat ons volgens ons eie styl speel en dit so goed moontlik doen, eerder as om by hulle te probeer aanpas. Nieu-Seeland is die beste ter wêreld en ons sal op ons heel beste moet wees om hulle te klop.”

Die Suid-Afrikaners het vandeesweek gemengde welslae behaal, met ’n nederlaag teen Jamaika (nr. 4 in wêreld) in hul eerste wedstryd Maandag, en goeie oorwinnings daarna oor Singapoer en Botswana.

Wat in dié drie wedstryde duidelik geword het, is dat die Proteas al die vaardighede en selfvertroue het wanneer hulle teen die sogenaamde kleiner spanne te staan kom, maar dat hulle teen die grotes onder druk vou. Kotzé het gesê die span sal nie werklik sukses behaal voordat dít nie verander nie.

“Al wat hierdie span kort, is ondervinding. Die enigste manier waarop ’n span se prestasievlakke kan verbeter, is as hy gereeld teen die heel bestes getoets word. Dis al hoe jy werklik van jou tekortkominge bewus word en leer om die druk te verwerk.”

 * Die kwarteindstryd word om 09:25 regstreeks op SS 5 uitgesaai. Die wenner se waarskynlike halfeind-teenstander sal Engeland wees; en die verloorder sal dan Saterdag teen Noord-Ierland speel.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: singapoer  |  netbal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Hendrik sê... Arme bulletjies.Shame. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 3.2 V6 Quattro Ambition DSG 3-dr
2005
R 219,950.00

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

MINI

Cooper Hatch R53 1.6 3-dr
2007
R 169,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.