Protea-deelname aan Afrika Spele in wiele gery

2011-08-12 08:39
Tweets Share Share line Print

Belville – Die Suid-Afrikaanse netbalspan sal nie in September aan die Afrika Spele in Mosambiek deelneem nie.

Die president van Netbal Suid-Afrika, Mimi Mthethwa, het Donderdag gesê daar is nie genoeg geld om ’n volsterkte span na Maputo te stuur nie.

Die Spele sal van 3 tot 18 September plaasvind.

“Ons het met die senior spelers gepraat en besluit om nie ’n span te stuur nie,” het Mthethwa gesê.

“Die spelers kan eenvoudig nie bekostig om nóg onbetaalde verlof te neem nie.

“Die spelers het ook sterk daaroor gevoel dat ons nie ’n B-span na die Spele moet stuur nie.”

Volgens Mthethwa is daar wêreldranglys-punte op die spel en as Suid-Afrika nou wedstryde gaan verloor, sal sy vyfde plek op die wêreldranglys in die gedrang wees.

“Daar is ’n sterk gevoel dat ons nie die goeie werk van die Wêreldbeker-toernooi ongedaan moet maak nie,” het die president gesê.

Volgens Mthethwa is die onttrekking aan die Spele net ’n bewys van hoe dringend NSA geld van die nasionale regering benodig.

“In Australië, Engeland, Nieu-Seeland en sover ek weet Jamaika kry die netbalspanne staatshulp.

“Ons het dit nodig, baie nodig.”

Die jongste rakende Sentraal-Gauteng se onttrekking aan die nasionale toernooi dié week hier in die Bellville-velodrome is dat Mthethwa steeds geen amptelike rede of verskoning van Sentraal-Gauteng se president, Prof Chipeya, gekry het nie.

“Prof sê nou hy het ’n boodskap aan NSA gestuur, maar aan wie by NSA? Dit is die nasionale toernooi, dus moet die amptelike korrespondensie aan my as president of aan Bennie Saayman, wat verantwoordelik vir die toernooi is, gerig wees.

“Ons sal bymekaar moet kom en hieroor praat. Ek gaan nie rea­geer op bespiegelings nie. Ek verstaan ook glad nie waarom ek nog niks van Prof gehoor het nie, want ons is gewoonlik baie oop en eerlik met mekaar.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24 

Lees meer oor: mosambiek  |  netbal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Hendrik sê... Arme bulletjies.Shame. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.