Prokureurs: Caster nie gediskwalifiseer

2010-01-18 11:27
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die atleet Caster Semenya is nié gediskwalifiseer van toekomstige atletiekbyeenkomste nie, het die regsfirma wat haar verteenwoordig Maandag gesê.
 
"Haar medalje en prysgeld is bevestig en die rekord staan nog. Sy is nie van toekomstige byeenkomste gediskwalifiseer nie,” het Gregory Nott en Jeffrey Kessler van die regsfirma Dewey en LeBoeuf gesê.

Die firma is besig met pogings om 'n ooreenkoms met die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) te bereik aangaande haar individuele regte asook haar regte as internasionale atleet.
 
Semenya is sedert verlede jaar in die nuus nadat haar sukses by 'n internasionale byeenkoms in Duitsland vrae oor haar geslag laat ontstaan het.

Dewey en LeBoeuf wou as gevolg van die sensitiwiteit van die saak nie vroeër daaroor kommentaar lewer nie.

"Tog is dit duidelik dat daar weer op ons kliënt se regte inbraak gemaak is. Caster is 'n wêreldkampioen. Sy het niks verkeerd gedoen nie,” het die firma gesê.

Die firma sê hulle het vertroue in die onderhandelingsproses, maar totdat die saak nie afgehandel is nie, verwag hulle dat haar regte deur alle atletiek organisasies, plaaslik en internasionaal, gerespekteer moet word.

Semenya se afrigter, Michael Seme, het verlede week aangekondig dat sy weer aan byeenkomste, en spesifiek die Geelbladsye-reeks, sal deelneem.

Atletiek Suid-Afrika (ASA) en die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het egter gesê sy kan nie deelneem tot die IAAF nie die resultate van haar geslagstoetse bekend gemaak het nie.

–Sapa

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: iaaf  |  saskok  |  caster semenya

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline MY05
2007
R 135,990.00

ISUZU

KB300 DTEQ D-Cab LX Dsl PU MY07
2012
R 319,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.