Powell en kie is terug
2009-08-12 19:37
Berlyn – Jamaika het hul versoek om die naelloop kampioen, Asafa Powell, en ander spanmaats uit die wêreld atletiek kampioenskappe te onttrek , teruggetrek, het Pierre Weiss, die sekretaris-generaal van die Internasionale Vereniging van Atletiek-federasies (IAAF), gesê.
Volgens Weiss het die IAAF druk op die federasie geplaas om hul besluit te verander, aangesien die uitsluiting van die ses prominente atlete sleg op die kampioenskappe sal reflekteer.
Die atletiek federasie van Jamaika was in ‘n geskil met die atlete nadat hulle verlede week ‘n verpligtende oefenkamp gemis het.
Weiss het Woensdag gesê dat hulle vir Jamaika gevra het om “te heroorweeg vir die onthalwe van sport.”
Die kampioenskappe begin Saterdag
- Sapa-AP