Playboy-baas agter Tiger
2009-12-09 10:58
Windermere - Hugh Hefner, baas van die bekende tydskrif Playboy, het sy ondersteuning agter Tiger Woods gegooi.
Woods loop deur in die media ná ‘n string vrouens gesê het hulle was in ‘n verhouding met die gholf-superster.
“Ek dink die enigste verrassing is dat mense verbaas is,” sê Hefner, wat saam met drie vrouens in sy Playboy-paleis woon.
“Hy is ‘n jong, aantreklike man, dis natuurlik.”
“Die huwelik is bloot vir gemaklikheidsonthalwe,” het Heffner gesê. “Dis goed vir kinders grootmaak en so aan, maar die idee dat monogamie vir ewig hou, is onrealisties.”
- Sport24.co.za