Pistorius se agent begin wedlope kanselleer
2013-02-17 08:26
Pretoria – Oscar Pistorius se agent het sy wedlope begin kanselleer nadat die atleet vroeër vandeesweek van die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, aangekla is.
Die agent, Peet van Zyl, het aan The Associated Press gesê hy het die naweek die kontrak vir ‘n wedloop tussen Alan Oliveira – om die 2016 Olimpiese Spele en Paralimpiese Spele – gekanselleer.
Oliveira – wat die atleet in die 200 m by verlede jaar se Paralimpiese Spele geklop het – en Pistorius sou op 31 Maart 200 m op die Copacabana-strand in Rio de Janeiro hardloop.
Pistorius (26) is die week van die moord op sy vriendin aangekla, nadat sy in die sportheld se spoghuis doodgeskiet is.
Die staat het aangevoer dat dit moord met voorbedagte rade was. Indien hy skuldig bevind word, kan hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis word.
Van Zyl sê hy het aanvanklik twee wedlope in Australië gekanselleer, wat die atleet se seisoen sou afskop. Hy was besig om vir die wêreldkampioenskappe in Moskou, Rusland, voor te berei.
Volgens die agent het hy omtrent sewe 400 m wedlope gekanselleer, asook die items teen Oliveira en Jonnie Peacock. Pistorius sou Peacock in Mei in ‘n 150 m wedloop pak.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter
- Sapa - AP