Pistorius se Olimpiese droom word waar
2011-07-20 08:38
Raleigh – Die Suid-Afrikaner Oscar Pistorius het Dinsdag sy droomwedloop gehad toe hy die eerste paralimpiese atleet geword het om vir die Wêreldbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, en aanstaande jaar se Olimpiese Spele in Londen te kwalifiseer.
Met sy laaste probeerslag het Pistorius sy beste tyd in die 400 m in Lignano, Italië in 'n tyd van 45.07 sekondes verpletter.
"Dit was 'n droomwedloop," het Pistorius, ook bekend as Bladerunner, in 'n telefoniese onderhoud vanuit Lignano gesê.
"Ek kan dit nie glo nie. Ek het seker 300 boodskappe gekry van mense wat my gelukwens. Die ondersteuning wat ek ontvang het was ongelooflik," het 'n verheugde Pistorius gesê.
Die 24-jarige kan nou gekies word om Suid-Afrika aanstaande jaar by die Olimpiese Spele te verteenwoordig.
Lees verder.
- Reuters