Pistorius looi 46 s ... wéér

2011-09-20 07:05
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Oscar Pistorius het Sondagaand in Milaan, Italië, met sy sege in die 400 m bewys hy kan Suid-Afrika aanstaande jaar op die Olimpiese Spele in Londen verteenwoordig.

Pistorius se wentyd was 45.97 sekondes.

“Oscar is nou amptelik lid van die 45 sekonde-klub in die 400 m,” het Ampie Louw, sy afrigter, gejubel.

Die rede waarom Louw so opgewonde oor Pistorius se tyd is, is omdat dit die tweede keer in drie dae was dat hy die 400 m vinniger as 46 sekondes afgenael het.

Vrydagaand in Brussel, op die tweede van die Diamantliga se eindronde-byeenkomste, was Pistorius derde in 45.46.

Dit is die derde vinnigste tyd van sy loopbaan.

Pistorius het tot dusver vanjaar ses keer tye van vinniger as 46 sekondes gehardloop, maar kon dit nog nooit ná mekaar in so ’n kort tydperk vermag nie.

Sy beste tyd – 45.07 – is vanjaar net deur 19 atlete oortref.

As Pistorius dieselfde tyd op die Wêreldbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, gehardloop het, was die kans goed dat hy vyfde in die eindronde kon eindig.

Volgens Louw het Pistorius bewys dit is nie meer vir hom ’n probleem om tye onder 46 s te hardloop nie.

“Daarom is die volgende groot uitdaging om seker te maak dat hy aanstaande jaar op die Olimpiese Spele in Londen vir drie dae konstant tye vinniger as 46?s opstel,” het Louw gesê.

Op die Wêreldbyeenkoms was sy tyd in sy uitdun 45.39 en in die halfeindronde was dit 46.19.

Die wêreldkampioen van Grenada, Kirani James, se tye in die drie wedlope op die Wêreldbyeenkoms was onderskeidelik 45.12, 45.20 en 44.60.

Volgens Louw was die wedloop in Milaan nie maklik nie.

“Die baan was sopnat en dit was winderig, maar Oscar het hom nie daardeur laat ontsenu nie.”

Pistorius neem vanaand in Warschou, Pole, deel.

“Oscar is regtig moeg op die oomblik, maar ek het al gesien dat hy die vermoë het om sy beste vir laaste te hou. Wie weet, dalk gaan hy weer ’n tyd van vinniger as 46 s hardloop,” het Louw gesê.

“As Oscar dít regkry, moet niemand weer met die verskoning vorendag kom dat hy nie goed genoeg is om op ’n Wêreldbyeenkoms of Olimpiese Spele aan die uitdunne en die eindronde van die 4x400-aflos deel te neem nie.”

Die VSA se atletiekspan het Sondag in Nice, Frankryk, die DecaNation-spanbyeenkoms gewen.
Rusland het tweede geëindig en Duitsland derde.

Suid-Afrika was sewende. Luvo Ma­nyonga, wat tweede in die verspring met ’n sprong van 7.99 m was, en Lehann Fourie, wat derde in die 110-hekkies was met ’n tyd van 13.71 s, was Suid-Afrika se beste atlete.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: oscar  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Hendrik sê... Arme bulletjies.Shame. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.