Petersen, Philander terug vir Proteas
2012-01-15 14:45
Kaapstad – Hashim Amla, Jacques Kallis en Rory Kleinveldt sal die res van die internasionale eendagreeks van vyf wedstryde teen Sri Lanka misloop, het Krieket Suid-Afrika gesê.
Suid-Afrika loop 2-0 voor in die reeks.
"Hashim Amla moet weens familie verantwoordelikhede afstaan, terwyl Rory Kleinveldt 'n relatief langtermyn besering het," het Andrew Hudson, sameroeper van die nasionale keurders, gesê.
Die spanbestuur het ook besluit om Kallis te laat rus.
Die Highveld Lions-kolwer Alviro Petersen, die veelsydige Vernon Philander van die Cape Cobras en Colin Ingram van die Chevrolet Warriors is as plaasvervangers aangewys.
"Hoewel dit hartseer is om spelers soos Amla en Kallis te verloor, sien ek dit as 'n geleentheid om ons opsies uit te toets. Daar is steeds plek in ons eendagspan en moet sê ek is opgewonde om die talent te sien wat deur ons ontwikkelingspyplyn kom," het Hudson gesê.
Die span is: AB de Villiers (Nashua Titans, capt), Johan Botha (Chevrolet Warriors), JP Duminy (Nashua Mobile Cape Cobras), Faf du Plessis (Nashua Titans), Colin Ingram (Chevrolet Warriors), Albie Morkel (Nashua Titans), Morne Morkel (Nashua Titans), Wayne Parnell (Chevrolet Warriors), Alviro Petersen (bizhub Highveld Lions), Robin Peterson (Nashua Mobile Cape Cobras), Vernon Philander (Nashua Mobile Cape Cobras), Graeme Smith (Nashua Mobile Cape Cobras), Dale Steyn (Nashua Mobile Cape Cobras), Lonwabo Tsotsobe (Chevrolet Warriors).
– Lees meer hier
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg