Pep gaan Bayern Munich brei
2013-01-17 10:20
Münich – Die Duitse sokkerspan Bayern Munich het die voormalige
Barcelona-breier Pep Guardiola aangestel
om Jupp Heynckes aan die einde van die seisoen te vervang, het die Bundesliga-klub
Woensdag onthul.
"Ons is verheug om die sokkerkenner Pep Guardiola te kon oorreed om na Bayern Munich te kom,” het
die klub se uitvoerende hoof, Karl-Heinz Rummenigge, gesê.
“Pep Guardiola is een van die wêreld se mees suksesvolle
afrigters en ons is seker dat hy vuur na Bayern en Duitse sokker sal bring,”
het hy bygevoeg.
Guardiola (41) het ‘n driejaar-kontrak onderteken en sal in
Julie by die span aansluit, het Bayern in ‘n verklaring op hul webtuiste gesê.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Reuters