Pep: 'Contador moet veg teen skorsing'

2012-02-08 22:12
Tweets Share Share line Print

Madrid – Die Barcelona-afrigter, Pep Guardiola, wat as speler in Italië 'n opkikker-saak teen hom gewen het, het Alberto Contador aangemoedig om "tot die einde van die wêreld" teen sy skorsing te veg.

"In hierdie situasies, en ek praat van ervaring, is daar slegs een persoon wat weet wat gebeur het en dit is hy," het Guardiola Woensdag aan die Spaanse media gesê.

"En as hy weet dat hy regtig onskuldig is soos wat hy in die openbaar en in die privaat gesê het, moet hy homself verdedig tot die einde van die wêreld vir so lank as wat dit vat."

Guardiola het by 'n perskonferensie op die vooraand van Barcelona se wedstryd teen Valencia gepraat.

Die afrigter is in 2001 vir vier maande geskors nadat hy positief getoets het vir die verbode middel nandroloon. Hy het teen die skorsing appelleer en is in Oktober 2007 deur 'n kriminele hof vrygespreek.

Die arbitrasiehof vir sport (CAS) het Contador Maandag vir twee jaar geskors, omdat hy gedurende die 21ste skof van 2010 se Tour de France clenbuterol gebruik het.

Contador het Dinsdag gesê sy regspan bespreek tans 'n moontlike aansoek om appèl, wat binne 30 dae ingehandig moet word.

Die Spanjaard voer aan dat hy die slagoffer van besmette vleis is, wat hy tydens die 2010 Tour de France geëet het.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sapa - AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Hendrik sê... Arme bulletjies.Shame. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.