Pacquiao sê nee vir Mayweather-boksstryd
2012-01-12 11:50
Manila, Filippyne – Die boksster Manny Pacquiao se kamp sê dit het geen ekonomiese sin om op 5 Mei 'n boksgeveg met Floyd Mayweather jr. te hou nie.
Dít volg nadat die onoorwonne bokskampioen, Mayweather jr., Pacquiao Dinsdag om 'n boksgeveg op Twitter uitgedaag het.
Michael Koncz, Pacquiao se finansiële adviseur, het Donderdag gesê 'n boksarena met 45 000 sitplekke, wat in Las Vegas gebou word, sal nie voor einde Mei voltooi wees nie. Hy het gesê uit 'n ekonomiese standpunt is dit laf om die Pacquiao-Mayweather-geveg in 'n kleier arena te hou.
Bob Arum, Pacquiao se promotor, het aan 'n plaaslike televisiestasie gesê die enigste rede hoekom die geveg nie sal plaasvind nie, is 'n "ekonomiese probleem".
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- Sapa - AP