PGA – Tiger trek weg
2009-08-13 21:45
Chaska, Minnesota – Tiger Woods het ‘n vroeë en beslissende voortou tydens die eerste dag van die 91ste PGA-toernooi geneem.
Die Amerikaner het vyf voëltjies in die openingsronde ingepalm.
Padraig Harrington van Ierland lê in die tweede plek, een hou agter Woods.
Die verdedigende kampioen is een hou voor Amerika se Hunter Mahan, die Australiërs Robert Allenby en Mathew Goggin, en die Spanjaard Alvaro Quiros.
-Sapa-AFP