PGA: Tiger nou 4 houe voor
2009-08-15 12:18
Chaska, Minnesota – Gholfgenie Tiger Woods het stof in sy agtervolgers se oë geskop tydens die tweede dag van die PGA-toernooi in Minnesota.
Woods het op ‘n windere Vrydag in Chaska twee onder 70 geslaan vir ‘n totaal van 137 en ‘n rits spelers wat in sy nek geblaas het, agter hom gelos.
Verdedigende kampioen Padraig Harrington van Ierland, Amerikaanse Ope kampioen Lucas Glover, dubbele PGA-toernooi kampioen Vijay Singh van Fiji, die Brit Ross Fisher en Australië se Brendan Jones deel almal die tweede plek met 141.
-Sapa-AFP