Oscar maak geskiedenis in Suid-Korea
2011-08-28 07:00
Daegu (Suid-Korea) – Die lemnaeler Oscar Pistorius het Sondag geskiedenis gemaak op die Wêreld-atletiekbyeenkoms in Daegu toe hy vir die eerste keer op 'n groot byeenkoms teen liggaamlik geskikte atlete kompeteer het.
Hy het met 'n tyd van 49,39 sekondes vir die 400 m-halfeindronde kwalifiseer toe hy derde in die finale uitdunronde geëindig het.
Pistorius sal Maandag deelneem aan die halfeindronde. Die eindronde is Dinsdag.
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- SAPA