Oscar 'het vrede met kritici'

2011-09-09 07:05
Tweets Share Share line Print

Londen. – Oscar Pistorius gaan hom nie steur aan kritici nie in sy aanslag om vir aanstaande jaar se Olimpiese Spele in Londen te kwalifiseer.

“Ek is heeltemal gemaklik met wie ek is en wat ek reeds as atleet bereik het,” het die Paralimpiese ster van Suid-Afrika gesê.

“Daarom het ek vrede met wat my kritici sê of doen. Ek het reeds genoeg gedoen om te bewys dat die kunsbene waarmee ek hardloop my nie ’n onregverdige voordeel gee nie.

“Ek gaan beslis nie in die volgende 10 maande in die opbou na die Spele aanhoudend my deelname aan nie-gestremde atletiekbyeenkomste bly verdedig nie.

“Ek is ’n beroepsatleet en my werk is om te oefen en opofferinge te maak om my doelwitte te verwesenlik.”

Pistorius het op die afgelope Wêreldbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, verras toe hy vir die 400-halfeindronde gekwalifiseer het.

Sy tyd van 45.39 sekondes is die naasbeste van sy loopbaan. Hy het vir dié byeenkoms met ’n tyd van 45.07 gekwalifiseer.

Wat Suid-Afrikaanse atletiek betref, kon nog net LJ van Zyl (44.86) vanjaar vinniger tye as Pistorius in die 400 m opstel.


Pistorius het gesê sy grootste uitdaging is om voortaan konstant goeie tye te hardloop.

“Enige atleet wat op die Olimpiese Spele of op die Wêreldbyeenkoms wil presteer, moet daartoe in staat wees om binne vier dae drie keer tye baie na aan 45?sekondes te hardloop.

“Ek sukkel nog om dit te reg te kry.”

Pistorius was ook lid van die Suid-Afrikaanse 4x400-aflosspan wat die Suid-Afrikaanse rekord verbeter het en ’n silwermedalje verower het.

Dit is vir hom ’n teer punt dat hy weggelaat is uit die span wat aan die aflos-eindronde deelgeneem het.

“Dit voel nie vir my asof ek regtig die medalje verdien nie. Op ’n manier is dit ’n goeie ding, want ek is nou nog meer gemotiveerd as ooit vantevore om te bewys ek verdien my plek in die Suid-Afrikaanse aflosspan.

“Een van die groot uitdagings is om die besluitnemers van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies te oortuig dat ek geen gevaar vir ander atlete of myself inhou, sou ek een van die ander bene van die aflos hardloop nie.

“Daar is geen rede waarom ek net mag wegspring nie.” 

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

- Sapa - AP

Lees meer oor: oscar pistorius  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.