Oscar bly op wenpad in 400 meter

2011-09-22 09:07
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Oscar Pistorius het Dinsdag in Warskou in Pole die tweede keer in drie dae ’n internasionale 400 m-wedloop gewen.

Sy wentyd was 46.50 s. Maandag in Milaan in Italië was dit 45.97.

Ampie Louw, sy afrigter, gee toe dat die wentyd in Warskou nie “aardskuddend” was nie, maar voeg by dat dit ’n lang seisoen vir Pistorius was en dat hy moeg is.

“Wat my betref, is ’n wen ’n wen. Wanneer enige atleet wen, het hy ’n goeie wedloop gehardloop.

“Dit is belangrik dat Oscar nou ’n slag goed rus en heeltemal van atletiek vergeet voordat ons in alle erns vir die Olimpiese Spele in Londen begin voorberei.”

Louw sê dit gaan nie vir Pistorius moeilik wees om op die Olimpiese Spele én die Paralimpiese Spele te presteer nie.

“Ek gaan vir Oscar ’n program uitwerk wat hom in staat sal stel om op die Spele ten minste tot die halfeindronde van die 400 deur te dring en aan die uitdunne en eindronde van die 4x400-aflos deel te neem.

“In die twee weke tussen die twee Spele sal ons sy program effens aanpas.”

Pistorius het op die 2004- en 2008- Paralimpiese Spele goue medaljes in die 100, 200 en 400 gewen.

Die groot vraag is of hy dit weer kan regkry.

Vroeër vanjaar, op die Wêreldbyeenkoms vir gestremde atlete in Nieu-Seeland, het Jerome Singleton van die VSA Pistorius met millimeters in die eindronde van die 100 m (T44) geklop.

Die Amerikaner het seker gemaak hy wen deur sowat ’n meter van die eindstreep af vorentoe te duik en sy lyf voor Pistorius oor die eindstreep te kry. Pistorius en Singleton se tye was albei 11.34 s.

Louw twyfel nie dat Pistorius die 100 op die Paralimpiese Spele kan wen nie.

“Singleton sal regtig met ’n grootse poging vorendag moet kom as hy Oscar weer wil klop.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.