Oscar: ‘Dis verligting én bonus’

2011-08-29 10:00
Tweets Share Share line Print

Daegu, Suid-Korea – Oscar Pistorius, ’n Paralimpiese kampioen, het Sondag verseker sy sportsprokie duur voort toe hy hier op die Wêreld-atletiekbyeenkoms tot die tweede ronde van die 400 m deurgedring het.

Briljant is die enigste manier om die Suid-Afrikaner se vertoning oor daardie laaste 120 m te beskryf.

Toe dit saak maak, was hy in ’n kwaai tweestryd met Femi Ogunode van Katar om die derde plek gewikkel. Dit was ’n geval van dan is dié een voor, dan dié ander. Op geen stadium was die voorsprong tussen die twee atlete meer as enkele sentimeters nie.

Oor daardie laaste 40 m het Pistorius iewers krag vandaan gekry om weer te versnel. Daarmee het hy verseker hy eindig enkele sentimeters voor Ogunode.

Chris Brown van die Bahamas het in 45.29 s gewen. Martyn Rooney van Brittanje was tweede in 45.30 en Pistorius derde in 45.39.

Dit is Pistorius se naasvinnigste tyd tot nog toe. Verlede maand in Italië het hy vir die Wêreldbyeenkoms gekwalifiseer met ’n tyd van 45.07.

Pistorius het die wedloop as ’n besliste hoogtepunt beskryf.

“Dit is ’n groot verligting om my eerste wedloop op die Wêreldbyeenkoms agter die rug te kry. Om die tweede vinnigste tyd van my loopbaan te kon hardloop, is ’n absolute bonus.”

Pistorius vertel dat hy voor die wedloop sy huiswerk deeglik gedoen het.

“Voor elke wedloop lees ek op waartoe my teenstanders in staat is. Dit help my om te beplan.

“Ek het Tony Mcquay van die VSA gekies as die atleet om gedurende die wedloop dop te hou en my passkatting van te doen.”
Pistorius het gesê hy verkeer onder geen illusies wat in vandag se halfeindronde op hom wag nie.

“Dit gaan taai wees. Daarom wil ek geen voorspellings waag oor wat dalk kan gebeur nie. Elke atleet wat deelneem, het baie opgeoffer en is in Daegu om sy bes te lewer.

“Al wat vir my belangrik is, is om konstant goeie tye te kan hardloop. As ek dit in die halfeindronde kan regkry, sal ek baie tevrede wees.”

Toe Pistorius gevra is of sy vertonings in nie-gestremde atletiek vir hom meer spesiaal is as sy vertonings op die Paralimpiese Spele was sy antwoord dat dit glad nie die geval is nie.

“Die Paralimpiese Spele sal altyd baie spesiaal vir my wees en ek is trots om deel daarvan te kan wees. Wat ek nou regkry, is glad nie so spesiaal nie. Daar is baie ander gestremde atlete wat daagliks voluit lewe en weier om hul gebrek as ’n verskoning voor te hou.”

LaShawn Merritt van die VSA wie se wentyd van 44.35 in gister se uitdunne die vinnigste sover is, was vol lof vir Pistorius.
“Ek het ’n bietjie met hom gesels en hom as baie aangenaam ervaar. Ek bewonder sy durf. Ek het die idee gekry die woord opgee bestaan nie in sy woordeskat nie.”

Toe Meritt deur ’n Amerikaanse joernalis gepols is oor hy voel om teen ’n atleet met kunsbene deel te neem, was sy antwoord dat hy geen probleem daarmee het nie.

“Pistorius het bewys hy is goed genoeg om tot die halfeindronde deur te dring en ek aanvaar dit.” 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: oscar pistorius  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.