Organiseerder van Statebondspele vasgetrek
2011-04-25 14:52
Nieu-Delhi – Die hooforganiseerder van verlede jaar se Statebond spele is as deel van 'n korrupsie-ondersoek in hegtenis geneem, het ondersoekbeamptes in Indië gesê.
Die sentrale buro van ondersoek het Maandag gesê Suresh Kalmadi is aangekla van sameswering om 'n Switserse maatskappy te bevorder in die koop van toerusting vir tydhou-items. Volgens die buro is die pryse ook aangepas.
Twee ander beamptes van die reëlingskomitee is vroeër in hegtenis geneem vir hul betrokkenheid by die saak.
Lalit Bhanot en V.K. Verma word daarvan beskuldig dat hulle die Indiese regering sowat $32 miljoen (sowat R208 miljoen) aan Swiss Timings Ltd. gekos het vir toerusting wat baie goedkoper was by 'n ander maatskappy.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA