Opskud vir Argus-bergfietsuitdaag
2011-01-18 12:57
Kaapstad - Inskrywings vir die Cape Argus Pick 'n Pay-bergfietswedren het Maandag oopgemaak en deelnemers kan opwindende veranderinge aan vanjaar se vier roetes verwag.
Soos in 2010 sal die 10de jaarlikse uitdaagwedren weer in twee dae opgedeel word en die naweek voor die Cape Argus Pick 'n Pay-fietstoer plaasvind.
"Die bymekaarkomplek by Boschendal is verbeter en ek het ook 'n paar lekker veranderinge aan die roetes gemaak," het Meurant Botha, wat verantwoordelik was vir die ontwerp van die roetes, gesê.
Die korter roetes is vir 5 Maart geskeduleer:
• Die 13 km-familierit is ideaal vir beginners en families met kinders.
• Die 25 km-bergfietsren is geskik vir meer ervare fietsryers met 'n gemiddelde kennis van vaardighede.
Die langer roetes is vir 6 Maart geskeduleer:
• Die 32 km-roete is uitmergelend en gesik vir ervare fietsryers wat 'n tegniese uitdaging geniet.
• Die 52 km-roete vereis nie net uithouvermoë nie, maar ook uitstekende fietsbeheer en tegniese vaardighede.
Hoe om in te skryf:
Deelnemers kan aanlyn by www.mtbchallenge.co.za inskryf.
Slegs 4 750 inskrywings word toegelaat. Geen laat inskrywings sal op die dag vir die 25 km, 32 km en 52 km roetes aanvaar word nie.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24