Oosthuizen wen Britse Ope
2010-07-18 19:45
St. Andrews, Skotland - Die Mosselbaaier Louis Oosthuizen gaan die Britse Ope van 2010 op St. Andrews in Skotland vir die res van sy lewe onthou ná hy dié toernooi Sondag gewen het.
Met 'n telling van 272 het Oosthuizen dié toernooi met sewe houe gewen en het die vierde Suid-Afrikaner geword om dié toernooi te wen.
Hy het ná afloop van die toernooi eers vir oudpres. Nelson Mandela gelukgewens met sy verjaardag.
"Dis ongelooflik. Met so 'n groot voorsprong was dit moeilik om ná die 12de putjie gefokus en kalm te bly. Dit gaan my seker eers more of volgende week tref. My grootste doel was om kalm te bly," het Oosthuizen ná sy oorwinning gesê.
Lee Westwood het tweede geëindig.
– Nuus24
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.