Oostenryker slaan eerste slag

2010-03-10 08:02
Tweets Share Share line Print

Eunice Visagie

Wellington - Alles het Dinsdag hier volgens plan verloop vir die gunstelinge in die eerste skof van die Giro del Capo-fietstoer en nou is die tafel gedek om op Vissershok die kaf van die koring te skei.

Rene Haselbacher (Safindi.co.za) het die eerste skof oor 106 km in 2 uur, 30 minute en 40 sekondes gewen. Dié Oostenryker is die algehele voorloper in dié vierdaagse fietstoer, wat Vrydag eindig.

Malcolm Lange (Medscheme) en Burry Stander (Specialized) was onderskeidelik tweede en derde. Lange is 1 sekonde agter Haselbacher en Stander 6.

Gunstelinge soos Kevin Evans (MTN-Energade), David George (Safindi.co.za) en Hanco Kachelhoffer (Medscheme) is almal 10 sekondes agter.

Volgens Lange was dit een van die makliker skofte waaraan hy in die Giro deelgeneem het. Die weer was koel ná die hittegolf wat die Boland die laaste ruk geteister het.

Die pad was ook nat ná ’n donderbui vroegoggend. Daar was ’n val of twee, met Shaun-Nick Bester (Specialized) die dag se vernaamste slagoffer.

Hy het nie net van sy tande op die teer verloor nie, maar is onttrek nadat sy fiets gebreek het.
Die wind het ’n rol gespeel en die bondel het opgebreek.

Kort voor Wolseley, toe die bondel regs in die rigting van dié dorp moes draai, het Medscheme met behulp van ’n sterk dwarswind die bondel opgebreek.

Die bondel was dié beweging te wagte, maar nie almal kon reageer nie en ’n groep van ongeveer 20 jaers het weggekom.

Volgens Lange wou hy baie graag dié skof wen.

“Ek het oor die laaste meter van die nael­rit ’n kramp gekry.”

Lange is die voorloper in die punte-afdeling en Waylon Woolcock (Medscheme) die bobaas van die berge.

Vandag se skof oor 143 km begin om 09:00 in Durbanville.

Die jaers sal die berugte Vissershok drie keer uitklim en dit is hier waar die ware aanspraakmakers na vore sal tree.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: giro del capo  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Martyn sê... Meng jou met die semels dan vreet die varke jou - sien 'n rokie trek Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

MAZDA

626 2.0 SL
2005
R 119,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 129,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.