Olimpiese legende word politikus
2011-04-12 15:14
Los Angeles - Die legendariese atleet Carl Lewis, wat nege Olimpiese gouemedaljes vir Amerika tussen 1984 en 1999 gewen het, het homself verkiesbaar gestel as Demokratiese verteenwoordiger vir die staat New Jersey.
Die 49-jarige sal sy tuisdorp Willingboro verteenwoordig en sê sy fokus sal op die verbetering van skole wees asook om gemeenskappe te help bou.
Lewis het vier gouemedaljes by die 1984 Olimpiese Spele in Atlanta gewen en twee by die 1988 Spele in Seoel, Suid-Korea.
In Seoel het hy eintlik tweede in die 100 m geeïndig. Maar drie dae later het die Kanadees Ben Johnson, wat eerste was, positief getoets vir opkikkers en Lewis het die gouemedalje ontvang.
By sy laaste Olimpiese Spele in 1996 in Atlanta, het Lewis goud in die verspring gewen.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24