Olimpiese atleet geskok oor weglating

2010-08-27 09:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die Olimpiese atleet René Kalmer sê sy wens sy het vroeër reeds geweet sy gaan nie volgende maand aan die Statebondspele in Indië deelneem nie, want dan sy sou verseker ’n uitnodiging aanvaar het om in die New York-marathon te hardloop.

Dit is nou te laat om behoorlik vir die New York-wedloop op 7 November voor te berei.

Daarom gaan die 30-jarige Kalmer Saterdag in Centurion aan die Spar-wedloop vir vroue oor 10 km deelneem en die volgende oggend aan die Spar-wedloop in Durban.

Kalmer, wat die afgelope paar maande wyd oorsee gereis en aan baanwedlope deelgeneem het, het gistermiddag toegegee haar weglating uit die Statebondspele-span kan haar besluit om haar voortaan op die marathon toe te spits, verhaas.

“Ek wil nou eers net my kop skoonkry en die skok (oor die weglating) agter die rug kry voordat ek begin planne maak vir ’n moontlike marathon,” het Kalmer gesê wat in 2001 in Edmonton, Kanada, die eerste keer aan die Wêreldbyeenkoms deelgeneem het. Sy het sedertdien tientalle SA baan- en veldlooptitels verower en dit sal waarskynlik sinvol wees as sy nou na die marathon oorskakel.

Danksy baan- en veldloopatletiek het sy nou spieruithouvermoë en die vaart om haar ’n goeie marathonatleet te maak.

“Ja, ek het seker nou genoeg ‘gemeenskapsjare’ op die baan en in veldloop gedoen,” het Kalmer gelag.

Sy sal een van sowat 20 000 vroue wees wat môremiddag aan die Spar-wedloop by SuperSportpark in Centurion deelneem. “Sondag is dit Durban (Kingsmead) en ek besluit gaan ook nou op 10 Oktober aan die Johannesburgse Spar-wedloop deelneem,” het Kalmer gesê.

Sy het Pretoriase wedloop twee keer die afgelope drie jaar gewen en is tans met 50 punte die voorloper in die Spar Grand Prix-reeks.

Sy hoop om die naweek nóg waardevolle punte te verdien met goeie vertonings en só ná die reeks met ’n tjek van R60 000 weg te stap.

Die junior Nandipha Dywili het net vyf punte minder as Kalmer, terwyl Zintle Xinewe derde is met 42 punte.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: rene kalmer  |  atletiek  |  marathon  |  atlete

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manual Tester

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R20000 - R23000

Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R35000

Senior Java Developer

Cape Town N Suburbs
Hire Resolve
R35000 - R45000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.