Nuwe reëls wil ‘nog Casters’ voorkom

2010-07-09 08:16
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) beplan om sy reëls te verander om ’n herhaling van die Caster Semenya-sage te verhoed.

Daar is Donderdag vertroulik aan Sport24 gesê die IAAF het hom gedurende verlede jaar se Wêreldbyeenkoms in Berlyn in ’n situasie bevind waar Atletiek Suid-Afrika (ASA) aan hom gedikteer het wat hy mag doen. “ASA wou nie toelaat dat ons voortgaan om Semenya te toets nie en het ook ons aanbeveling om haar aan die byeenkoms te onttrek, geïgnoreer,” het die bron ­gesê.

“Dit het die IAAF magteloos gelaat, want ons reëls het nie vir so ’n situasie voorsiening gemaak nie. Daarom het ons ’n komitee van regskenners en mediese deskundiges aangestel om vir ons nuwe reëls op te stel.”

Die plan is dat die reëls op die ­IAAF se raadsvergadering in November goedgekeur sal word, wat sal beteken dat dit op 1 Januarie 2011 van krag word.

“Die nuwe reëls sal baie meer omvattend en beskrywend wees wat betref die identifisering, hantering en monitering van geslagskwessies by atlete.”

Na verneem word beplan die Internasionale Olimpiese Komitee ook om in Oktober ’n groot kongres aan te bied waar geslagskwessies in sport bespreek sal word.

Die plan is om wetgewing op te stel wat dit vir alle sportliggame duidelik sal maak hoe hulle ’n vraagstuk rondom ’n atleet se geslag moet hanteer.

Daar is duidelik ’n groot behoefte aan sulke wetgewing.

’n Afrigter van Limpopo, wat anoniem wil bly, het gesê hy weet van minstens nog drie atlete wie se vertonings die volgende jaar of twee tot groot omstredenheid kan lei as hulle begin presteer.

“Ons het probeer om die saak onder Limpopo Atletiek se aandag te bring, maar die beamptes verkies om dit te ignoreer.”

Richard Stander, administratiewe hoof van ASA, het vroeër vanjaar gesê die Semenya-geval kon beter gehanteer gewees het as die ou bestuur van ASA nie twee jaar gelede ’n skriftelike navraag om ondersoek in te stel, geïgnoreer het nie.

Oor beweerde probleme oor die geslag van drie “vroue-atlete” van Limpopo het Stander gesê ASA en die IAAF kan nie optree voordat hy nie skriftelike klagtes ontvang het nie.

    * Sapa-AP berig dat Semenya op 15 Julie aan die Lappeenranta Spele in Finland gaan deelneem.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: caster semenya  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.