Nuwe atletiekreëls ná Semenya-debakel
2011-04-13 09:44
Die internasionale atletiekfederasie, IAAF, het nuwe reëls rondom deelname deur vroue met hiper-androgenisme aan atletiek aangekondig.
Hierdie toestand veroorsaak ‘n oormaat van die hormoon androgeen (testosteroon) by vroue, aldus prof. Tim Noakes.
Die atletiekliggaam sê vroueatlete sal toegelaat word om deel te neem aan die sport as hul androgeenvlakke laer as mans s’n is.
Vroueatlete wie se androgeenvlakke vergelykbaar met mans s’n is, sal slegs kan deelneem as hul liggame ‘n weerstand teen die hormoon het, en hulle sodoende geen voordeel uit die oormaat daarvan in hul bloed geniet nie.
Lees meer hier.