Norman uit Aus Ope
2009-11-05 12:16
Sydney - Die vyfmalige Australiese Ope-gholfkampioen, Greg Norman het aangekondig dat hy uit hom uit dié kampioenskap gaan onttrek weens ‘n skouerbesering wat sukkel om te herstel.
Norman se geneeshere het hom aangeraai om nie enige kompeterende gholf vir die res van die jaar te speel nie, wat beteken dat hy sy eie toernooi, die Shark Shootout, Desember in Florida ook sal misloop.
“Ons is natuurlik baie teleurgesteld dat Greg nie by ons gaan aansluit nie,” het Stephen Pitt die hoof van Gholf Australië gesê.
“Ons wens hom sterkte toe op sy pad na herstel en sien uit om hom weer terug in die Australiese Ope in 2010 te sien,” het Pitt gesê.
Norman (54) se deelname aan dié Ope was verwelkom aangesien die toernooi sukkel om oorsese spelers te lok.
Norman het 26ste geëindig toe hy in 2005 laas in die Australiese Ope gespeel het.
Die Ope wat in Desember in Sydney begin gaan van Australië se beste gholfspelers, Geoff Ogilvy, Adam Scott en Aaron Baddeley saam met die gewilde Amerikaner John Daly sien afslaan.
- Sapa