Nóg 'n rekord vir Natalie

2010-04-15 09:31
Tweets Share Share line Print

Marizanne Kok

Durban - Natalie du Toit het gisteraand op die nasionale swembyeenkoms hier nog ’n wêreldrekord by haar reeds lywige versameling gevoeg.

Du Toit het die 50 m-vryslag in 31.98 sekondes voltooi en daarmee haar eie wêreldkerf in die gestremde S9-afdeling met meer as ’n halwe sekonde verbeter.

Die 25-jarige swem die wêreld aan die brand, en het die afgelope 10 dae reeds haar kaartjies na die Wêreld-oopwaterbyeenkoms en die Pan-Pasifiese byeenkoms bespreek.

Sy is daarby waarskynlik veilig vir die Statebondspele. In die 50-vryslag is sy in haar klas in dié stadium tweede in die wêreld en eerste in die 100-vryslag én die 100-vlinderslag.

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) vereis dat individuele deelnemers vierde of beter in die Statebond moet wees om in Oktober in Indië deel te neem.

“Dis nou al ’n rukkie vandat ek laas ’n wêreldrekord opgestel het, so ek is baie, baie tevrede,” het Du Toit met ’n breë glimlag gesê.

Volgens haar kon sy voel sy is weer goed op dreef, “want ek het (Maandag) my vinnigste 200-vryslag in ’n jaar geswem”.

“Dis twee rowwe weke dié, waarin ek moet kwalifiseer vir ’n groot klomp byeenkomste, maar in dié stadium verloop alles goed.”

Du Toit het ook in gister se laaste nommer, die 1 500-vryslag, haar nasionale titel suksesvol verdedig in ’n vinnige 17:05.09.

Dit is die derde jaar agtereenvolgens dat sy dié nommer teen nie-gestremdes wen.

Suid-Afrika se groot kanonne het behoorlik stem dik gemaak en drie van hulle het aan die eerste vereiste vir insluiting in die Statebondspan voldoen.

Roland Schoeman het sy halfeindronde in die 50-vlinderslag in ’n blitsige 23.58 s voltooi om die kwalifiseringsvereiste van 23.73 te oortref.

Dié tyd is in die stadium op een na die beste van die jaar.

Cameron van der Burgh se 1:00.96 in die halfeindronde van die 100-borsslag het sy kaartjie na Indië verseker. Net drie mans was tot dusver vanjaar vinniger.

Jean Basson het goud in ’n opwindende 200-vryslagnommer voor die neuse van Darian Townsend en Sebastien Rousseau weggeraap en met 1:48.48 die kwalifiseringstyd met 0.24 sekondes oortref.

Ander gouemedalje-wenners was Gerhard Zandberg in die 50-rugslag, Taryn McKenzie (50-borsslag), .... in die 1 500-vryslag en Vanessa Mohr in die 50-vlinderslag.

Zandberg is een van die groot name oor wie se deelname aan die Statebondspele nou ’n groot wolk van onsekerheid hang.

Die kriteria stel dat swemmers net in die Statebond-span ingesluit kan word as hulle die kwalifiseringstyd vandeesweek oortref, maar Zandberg – wat op die vorige Spele brons in die 50-rugslag gewen het – was 0.42 sekondes stadiger as die vereiste.

-Sport24

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.