Nóg ’n goue vir SA-veteraan

2011-01-28 09:08
Tweets Share Share line Print

Christchurch - Om medaljes op groot atletiekbyeenkomste te wen, is skynbaar die 41-jarige Fanie Lombaard se gunsteling-stokperdjie.

Lombaard het Donderdagoggend op die Wêreldbyeenkoms vir gestremde atlete in Christchurch, Nieu-Seeland, die diskusgooi (F42) met ’n afstand van 42.03 m gewen.

Dié vertoning beteken dat Lombaard op 4 Wêreldbyeenkomste 12 medaljes verdien het.

Hy het ook reeds 12 medaljes op die Paralimpiese Spele verower.

Ilse Hayes het vir Suid-Afrika ’n goue medalje in die verspring (T13) gewen toe sy met haar laaste sprong die maatband tot 5.80 m laat rek het.

Anrune Liebenberg se tyd van 1:00.68 in die 400 m (T46) het aan haar die silwermedalje besorg, terwyl Zanele Situ se gooi van 15.65 m in die spiesgooi (F54) goed genoeg vir ’n bronsmedalje was.

Lombaard dink nog nie aan uittree nie. Hy wil ten minste nog aan aanstaande jaar se Paralimpiese Spele in Londen deelneem.

Hy skryf sy sukses aan ’n familiepoging toe.

Twee jaar gelede, voor die Paralimpiese Spele in Beijing, het hy aan uittree gedink. Dit was sy dogter Stefanie (15), wat haar pa oorreed het om aan te hou.

Sy is self ’n ywerige diskusatleet en is deesdae haar pa se getroue oefenmaat by Tukkies. Pa en dogter het glo ’n manier om die beste in mekaar na vore te bring.

Dit gebeur gereeld dat ’n oefensessie in ’n kompetisie in die kleine verander.

Die 6-jarige Elton het nog nie regtig aan atletiek begin deelneem nie. Hy sorg dat pa fiks bly deur hom agter rugbyballe te laat aanhardloop.

“My vrou, Anna-Marie, is die een wat na my gesondheid omsien. En glo my, dit is ’n groot werk, want op my ouderdom het ’n mens se liggaam baie verskillende pyne op verskillende plekke.”

Hayes, wat ook ’n goue medalje in die 100 m en brons in die 200 m gewen het, is een van Suid-Afrika se groot uitblinkers. “Dié Wêreldbyeenkoms is ’n ongelooflike ervaring vir my. Eintlik kan jy nie help om te presteer as jy ’n lid van die Suid-Afrikaanse span is nie. Dit is werklik ’n geval van een vir almal en almal vir een.”

Sy kan nie wag om terug in Suid-Afrika te wees sodat sy aan skaaptjops kan weglê terwyl sy ’n glas goeie rooiwyn drink nie.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: fanie lombaard  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Dante sê... Dit lyk vir my of ons probeer verloor, maar ons kan dit net nie regkry nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320i EXCLUSIVE (E90)
2010
R 249,900.00

OPEL

Corsa 1.4 Utility MY04
2005
R 64,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4 Citi Rhythm 5-dr
2007
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.