Nog ’n blitstyd vir LJ?

2011-05-31 08:30
Tweets Share Share line Print

Pretoria - LJ van Zyl se skittervertonings in die 400 m-hekkies gaan nie ongesiens verby nie.

Op die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se webwerf word in een van die artikels na Van Zyl verwys as een van die atlete wat die meeste verbetering getoon het.

En met reg. Nie net het die Suid-Afrikaner al die beste atlete in dié nommer minstens een keer geklop nie, maar hy spog ook met die vier vinnigste tye ter wêreld tot dusver vanjaar. Sy vinnigste is 47.66 s (SA rekord).

Net voor 19:00 vanaand kan dit dalk die vyf vinnigste tye wees. Van Zyl neem in Ostrava, in die Tsjeggiese Republiek, aan die Golden Spike-byeenkoms deel.

Drie van sy teenstanders, die Amerikaners Kerron Clement (47.24 s) en Johnny Dutch (47.63 s) en die Brit David Greene (47.88 s), het ook al tye vinniger as 48 s opgestel. As die weer saamspeel, is ’n wentyd vinniger as 48.20 s nie uitgesluit nie.

Usain Bolt van Jamaika se tweestryd met sy landgenoot Steve Mullings in die 100m beloof ook ’n hoogtepunt te wees.

Mullings se 9.90 s is tot dusver die vinnigste in 2011, terwyl die 9.91 s wat Bolt verlede week in Rome gehardloop het, die naasvinnigste is. Bolt neem aan sy tweede wedloop in byna agt maande deel.

In Rome het hy swak weggespring en hy was gelukkig om ’n paar meter van die eindstreep af sy landgenoot Asafa Powell in te haal en verby te steek.

Lehann Fourie kan uit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt ’n hoogtepunt in die 110-hekkies lewer. Hy het Sondag in Hengelo, Nederland, 13.56 s gehardloop. Dis net 0.04s stadiger as die kwalifiserende A-vereiste vir die Wêreldbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea.

Volgens Fourie is hy tot beter in staat. “Ek het swak weggespring en my tegniek was ook nie wat dit moes wees nie. Maar ek is nie mismoedig nie. Dit was my eerste internasionale wedloop dié seisoen.”

Sunette Viljoen kan ook vir die Wêreldbyeenkoms kwalifiseer. In Rome het sy 60.61 m gehaal, wat 39 cm swakker as die kwalifiserende vereiste was.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: lj van zyl  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.