Nóg 'n Tour de France-wenner skuldig
2012-02-09 14:00
Berlyn – Die arbitrasiehof vir sport het die voormalige Tour de France-wenner Jan Ullrich skuldig bevind daaraan dat hy sy bloed "gedokter" het tydens 2005 se Tour, het Beeld Donderdag berig.
Ullrich, wat die Tour in 1997 gewen en sedertdien uitgetree het, is as gevolg van dié beslissing sy derde plek in die 2005-Tour kwyt.
Die aangeleentheid hou verband met ’n ondersoek na die doen en late van die Spaanse dokter Eufemiano Fuentes wat na bewering verbode middels aan jaers voorsien het.
Ullrich is kort voor die 2006-Tour geskors, hangende die ondersoek na Fuentes se bedrywighede.
Hy het in 2007 uitgetree
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Beeld