Nie net Groenpunt het sê oor F1-wedren

2011-07-08 09:33
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Inwoners van Groenpunt is nie die enigste belanghebbendes wat deur die Cape Town Grand Prix-bodmaatskappy tevrede gestel moet word nie.

Motorsport Suid-Afrika het ook vereistes aan die bodmaatskappy gestel indien hulle steun vir die Formule 1-straatwedren in Kaapstad wil hê.

Die Burger
het Donderdag berig oor die bodmaatskappy se pogings om ’n straatwedren in Groenpunt te hou en die teenkanting van inwoners van die gebied.

Die regering se steun vir die projek word ook benodig om met die planne voort te gaan.

Die Formule Een-grootbaas, Bernie Ecclestone, het vandeesweek gesê ’n kontrak met een van die bodmaatskappye word gefinaliseer. Cape Town Grand Prix het dit teenoor Die Burger ontken.

Francois Pretorius, uitvoerende hoof van Motorsport Suid-Afrika, het gesê Ecclestone is daarvoor bekend dat hy uitlatings kwytraak om reaksie te ontlok.

“Ons sal die projek op sekere voorwaardes ondersteun.”

Dr. George Nyabadza, voorsitter van Motorsport Suid-Afrika se raad van direkteure, het gesê een van die voorwaardes is dat plaaslike renjaers aan die wedren deelneem of op grond van vernuf die kans gegun word om daar uit te kom.

“F1 geniet bitter min ondersteuning in lande waar daar geen plaaslike verteenwoordiging is nie. Daar sal net openbare belang en nasionale eenheid wees indien ons die reënboogvlag kan swaai.”

Nog ’n voorwaarde is ’n uiteensetting van presies hoeveel geld ingesamel sal word vir die ontwikkeling van motorsport in Suid-Afrika, veral in die afdelings vir vroue en die swart jeug.

Giniel de Villiers, wenner van die Dakar-tydren in 2009, het gesê daar is nie tans ’n realistiese kandidaat om met die intrapslag aan die wedren deel te neem nie.

“Plaaslike jaers word nie aan F1 blootgestel nie. Daar is nie geld agter hulle nie. Die probleem is by ons. Dit is ’n goeie idee om die plaaslike jaers te wil betrek. Hier is oorgenoeg talent en baie vernuf in Suid-Afrika. Daar is net nie genoeg ondersteuning vir die jaers nie.”

Jaers sal ook eers aan ander renne soos die GP2 moet deelneem voordat hulle vir F1 oorweeg word, het De Villiers gesê.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: kaapstad  |  motorsport  |  formule 1

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.