Nico Rosberg 'nie gepla' oor Hamilton
2012-10-05 12:15
Suzuka – Mercedes se Nico Rosberg het Vrydag aangedring dat Lewis Hamilton, wat vanaf aanstaande jaar sy spanmaat gaan wees, geen bedreiging inhou nie.
Die Duitse jaer het gesê Hamilton is "baie, baie vinnig", maar bygevoeg dat hy vertroue in sy eie vermoëns het.
"My huidige spanmaat (Michael Schumacher) is 'n sewemalige kampioen. So ek dink die uitdaging gaan soortgelyk wees," het Rosberg gesê.
"Hy (Hamilton) is baie, baie vinnig en een van die beste jaers op die oomblik. Dis fantasties dat hy by die span aansluit. Ek is gereed om hard te werk om goed te doen."
"Mens sal maar moet wag en sien hoe ons as spanmaats gaan vergelyk, maar ek bekommer my nie oor sulke goed nie."
Hamilton, die 2008-kampioen, het Vrydag die tweede vinnigste tyd in die tweede oefensessie vir die Japanse Grand Prix opgestel, agter Red Bull se Mark Webber.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AFP