Net een SA speler oor in enkelspel

2012-01-18 08:00
Tweets Share Share line Print

Melbourne – Die Suid-Afrikaanse tennisspeler Chani Scheepers het Dinsdag hier in die Australiese Ope moedig geveg in die eerste ronde, maar die Rus Svetlana Kuznetsova het haar eindelik met 6-3, 3-6, 6-0 uitgeskakel.

Kevin Anderson, wat Woensdag in die tweede ronde teen Sergiy Stakhovsky (Oekraïne) te staan kom, is die enigste Suid-Afrikaner oor in die enkelspel.

Novak Djokovic van Serwië het die verdediging van sy titel op uitstekende wyse begin, terwyl die Brit Andy Murray harder moes werk om die tweede ronde te haal.

Djokovic het die Italianer Paolo Lorenzi met 6-2, 6-0, 6-0 verslaan in ’n oorwinning wat só oortuigend was dat hy selfs ’n hou tussen sy bene deur kon speel om ’n punt te wen.

Murray, verlede jaar se naaswenner, moes terugveg om die Amerikaner Ryan Harrison met 4-6, 6-3, 6-4, 6-2 te klop.

Die Australiese veteraan Lleyton Hewitt was in ’n marathonstryd van vier uur betrokke in sy sege van 7-5, 6-4, 3-6, 7-5 oor die Duitse kwalifiseerder Cedrik-Marcel Stebe.

Daar was egter nie net goeie nuus vir die Aussies nie, want Saman­tha Stosur (6de gekeur), hul kampioen van die Amerikaanse Ope, is deur die Roemeen Sorana Cirstea met 7-6, 6-3 uitgeskakel.

Die Wimbledon-kampioen, Petra Kvitova, en die Rus Maria Sharapova, het sterk begin, met drie Fransmanne, Jo-Wilfried Tsonga, Gael Monfils en Richard Gasquet, wat tot die tweede ronde in die enkelspel deurgedring het.

Murray het die baie warm toestande as ’n skok vir sy gestel beskryf.

“Tog was dit goed om in die hitte te speel, want dit kan weer gebeur.”

Stosur, wat baie foute begaan het, het gesê haar vertoning was ’n groot teleurstelling.

Die 2de gekeurde, Kvitova, het die Rus Vera Dushevina met 6-2, 6-0 oorrompel, terwyl Sharapova die Argentyn Gisela Dulko ook in minder as ’n uur uit die pad gevee het (6-0, 6-1).

Kei Nishikori van Japan het Stephane Robert van Frankryk in skoon stelle geklop, terwyl die Kanadees met die reuse-afslane, Milos Raonic, slegs ses potte verloor het in sy sege oor die Italianer Filippo Volandri.

Die 5de gekeurde, die Spanjaard David Ferrer, het Rui Machado van Portugal verslaan, terwyl die Serwiër Viktor Troicki in vyf stelle oor ’n gewese kampioen van die Franse Ope, Juan Carlos Ferrero, geseëvier het. 

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

- Sapa - AP

Lees meer oor: australiese ope  |  tennis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.