Natalie, Sunette is pure goud

2010-10-10 13:58
Tweets Share Share line Print

Die medalje-vloed duur voort!

Natalie du Toit en Sunette Viljoen het hul reputasies as goue meisies gestand gedoen, toe albei Saterdag Statebond-goud vir Suid-Afrika gewen het.

Natalie het haar derde titel van die week in die 100-vlinderslag vir vroue in die S9-kategorie gewen, enkele ure voordat Viljoen gewys het waarom sy as die volslae gunsteling in die spiesgooi beskou is, deur die item met ’n nuwe Statebond-rekordafstand van 62.34 meter te wen.

Nóg ’n Suid-Afrikaner, Justine Robbeson, was derde met ’n afstand van 60.03, kort agter die Australiër Kim Mickle, wat silwer met ’n 60.90 verseker het.

Die Suid-Afrikaanse groep het Saterdag spoed gevang en 9 medaljes opgeraap. Hiervan was 2 goud, 4 silwer en 3 brons.

Die swemspan het die grootste bydrae gemaak met ’n vyftal medaljes.

Die stoeier Richard Addinall het sy tweede silwermedalje van die week in die 74?kg-rofstoei gewen en Seppie Cilliers sy tweede bronsmedalje in die individuele kragboog-kompetisie.

Die swemmers het die dag op die perfekte wyse vir Suid-Afrika afgeskop, toe hulle medaljes opgeraap het in elk van die eindrondes waarin hulle in aksie was.

Roland Schoeman was tweede in die 50-vryslag in 22.14, ’n haarbreedte voor sy landgenoot Gideon Louw, wat met die bronsmedalje weggestap het.

Schoeman was tevrede met sy poging, veral nadat hy bronsmedaljes in albei sy vorige items gewen het.

Die 19-jarige Heerden Herman, ’n Matie-student in aktuariële wetenskap, was tweede in die eindronde van die 1500-vryslag in 15:03.70.

Dis net meer as drie sekondes stadiger as Ryk Neethling se tien jaar oue nasionale rekord.

Mark Randall was vierde.

Die wisselslag-aflosspan van Charl van Zyl, Cameron van der Burgh, Chad le Clos en Louw het daarna silwer gewen.

Die groot heldin van die dag was egter Du Toit, wat vir die laaste keer ooit by ’n Statebondspele in aksie was.

Sy het die 100-vlinderslag met ’n yslike ses sekondes gewen en was later duidelik emosioneel toe die landsvlag vir die laaste keer by ’n Statebondspele vir haar gehys is.

Addinall het silwer in die 74?kg-rofstoei gewen, nadat hy teen die Indiër Narsingh Pancham Yadav verloor het.

Die boogskieter Cilliers, wat ook Donderdag deel was van die kragboog-span wat brons gewen het, het gister in die bronsmedalje-wedstryd net twee punte meer as die Nieu-Seelander Shaun Teasdale gekry, maar dit was genoeg om hom op die medalje-podium te plaas.

Suid-Afrika het nou 27 medaljes – nege van elke kleur. Hiervan is vyftien in die swembad gewen.

Die land is steeds vyfde op die medalje-tabel.

Australië is gemaklik bo-aan die medalje-tabel met ’n yslike 54 goue medaljes, gevolg deur Engeland en Indië, wat albei 24 goues het.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: statebondspele

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.