Nadal wil tennisgeskiedenis maak

2010-08-31 09:15
Tweets Share Share line Print

New York. – Rafael Nadal is nie net hier in die Amerikaanse Ope op soek na sy negende Grand Slam-tennistitel nie, maar ook sy loopbaan-Grand Slam.

Die laaste Grand Slam-toernooi van die jaar het reeds gister hier op Flushing Meadows afgeslaan.

Die voorste speler in die wêreld sal vandag sy veldtog teen Rusland se Teymuraz Gabashvili begin.

Die Spanjaard het reeds vanjaar die Franse Ope én Wimbledon gewen, maar nog nooit verder as die halfeindronde van die Amerikaanse Ope gevorder nie. Sy beste vertonings was in 2008 en 2009.

Wen hy vanjaar sal die 24-jarige Nadal die jongste speler word wat al vier Grand Slam-titels verower en die sewende man ná Don Budge­, Fred Perry, Roy Emerson, Rod Laver, Andre Agassi en Roger Federer.

Gepraat van Federer.

Die naasbeste speler in die wêreld het verlede jaar die eerste keer in die eindstryd (teen Juan-Martin del Potro in vyf stelle) verloor ná vyf agtereenvolgende seges.

Vanjaar probeer die Switser om die eerste speler in die Ope-era te word wat ses titels hier wen én om hom by Ivan Lendl aan te sluit as die enigste ander speler wat in sewe agtereenvolgende eindstryde speel.

Federer het met sy sege in die Cincinnati-meesterstoernooi, ’n week voor die laaste Grand Slam-toernooi van die jaar begin het, die eerste keer sedert die Australiese Ope ’n toernooi gewen. Die Switserse maestro en Nadal het nog nooit hier in die eindstryd gespeel nie.

Die verdedigende kampioen, die tweede gekeurde Kim Clijs­ters van België, het haar veldtog op ’n wennoot begin.

’n Voormalige finalis hier, Juan Carlos Ferrero (Sp, 22), het sy plek in die tweede ronde bespreek saam met Nikolay Davydenko (Rus, 6), Marin Cilic (Kro, 11) en Richard Gasquet (Fr).

- Die Amerikaanse Ope word op ESPN op DStv uitgesaai. Regstreekse aksie begin elke dag om 19:00 en die aandskof om 01:00. Elke oggend om 09:00 word hoogtepunte van die vorige dag ook uitgesaai.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Johan sê... Wat 'n "g"-slag vir die Stormers. Sterkte vir Saterdag. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 Avant 2.0 Multitronic
2005
R 209,000.00

FORD

Ranger 2.5TD 4x4 Safety D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 217,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.