Nadal veg om sege

2011-05-25 07:49
Tweets Share Share line Print

Parys. – Suid-Afrika se Kevin Anderson het Dinsdag sy eerste oorwinning tot nog toe hier op die rooi klei van Roland Garros behaal, op ’n dag waarin Rafael Nadal se verdediging van sy kroon so byna vroeg beëindig is.

Anderson, die 32ste gekeurde, het die Fransman Nicolas Mahut met 6-4, 6-4, 6-7 (6/8), 6-3 geklop danksy ’n oorheersende vertoning op sy eie afslaan.

Die Suid-Afrikaner het 22 kishoue afgeblits en 80% van die punte op sy eerste afslaan gewen. Hy het 64 wenhoue geslaan en 5 van die 17 deurbraak-kanse benut. Anderson kom in die volgende ronde teen die Argentyn Juan Ignacio Chela te staan.

Mahut was die verloorder in verlede jaar se epiese Wimbledon-stryd van 11 uur teen die Amerikaner John Isner. En soos Isner tóé die kollig met ’n merkwaardige sege gesteel het, het hy dit Dinsdag byna weer gedoen.

Die kanonpoot-Yank het teen Nadal gespeel en hom vir vier uur en vyf stelle aan die raai gehou.

Nadal, wat verlede jaar nie ’n enkele stel op Roland Garros verloor het nie en nooit voorheen meer as drie stelle in ’n eersteronde-stryd benodig het nie, het in ekstase in die lug gespring nadat hy met 6-4, 6-7 (2/7), 6-7 (2/7), 6-2, 6-4 gewen het.

“Tres, tres difficile!” het die Spanjaard in Frans gesê. “Hy was ’n baie, baie moeilike teenstander. Sy afslaan is soms onkeerbaar.

Ek sal verkies om alles in drie stelle te wen, maar ek probeer positief bly en dalk help (dié moeilike wedstryd) my.”

In ander uitslae het die vierde gekeurde, Andy Murray, die Franse kwalifiseerder Eric Prodon met 6-4, 6-1, 6-3 uitgeskakel, terwyl die Sweed Robin Soderling (vyfde gekeur) geswoeg het om die Yank Ryan Harrison met 6-1, 6-7 (5/7), 6-3, 7-5 te klop.

Die Spanjaard Nicolas Almagro (11de gekeur) is uitgeskakel.

Die Pool Lukasz Kobot het hom met 3-6, 2-6, 7-6 (7/3), 7-6 (7/5), 6-4 geklop.

In die vroue-afdeling het twee van die groot gunstelinge, die Rus Maria Sharapova en die Belg Kim Clijsters, sonder moeite tot die tweede ronde deurgedring, maar die voormalige kampioen Ana Ivanovic het haar tasse gepak.

Sharapova het net 56 minute nodig gehad om die Kroaat Mirjana Lucic met 6-3, 6-0 uit haar pad te vee. Die sewende gekeurde Rus het haar aanslag op ’n eerste Roland Garros-kroon begin met ’n goeie vertoning waarin sy 94% van die punte op haar eerste afslaan en al nege die laaste potte gewen het.

Clijsters was soms haar eie grootste vyand in haar oorwinning van 6-2, 6-3 oor Anastasiya Yakimova van Belarus.

Die tweede gekeurde het 30 ongedwonge foute gemaak, teenoor 21 wenhoue, en die minder geroemde Yakimova drie keer toegelaat om deur te breek.

Ivanovic, die Franse Ope-kampioen in 2008, het met 7-6 (7/3), 0-6, 6-2 teen die Sweed Johanna Larsson vasgeval.

Die 20ste gekeurde Serwiër het gesê sy het las gehad van ’n seer pols en ’n maagspierbesering.

Victoria Azarenka (vierde) en Na Li (sesde) het deurgedring tot die tweede ronde nadat albei met Tsjeggiese vroue afgereken het. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.


- Sapa - AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. Partly cloudy. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers late. More sun than clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 320 Elegance AT
2001
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,995.00

FIAT

Strada 1.6 ELX PU
2005
R 89,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.